

SEAN SE VARKTJOP MARINADE
Heerlike marinade vir ‘n varktjoppie op die kole of selfs in die oond. Vir laasgenoemde bak net so in al die sous in die oond. Vir braai, skep bietjie sous op elke keer as jy omdraai, as jy die laaste keer omgedraai het, sit die res van die sous bo-op en laat rus in braaibak:
Plaas die volgende in ‘n liquidiser en verwerk saam (hoeveelheid vir een groot tjop):
2 x geblikte pynappelringe met bietjie van die stroop ( jy kan ook ‘n kwart vars pynappel gebruik)
Sout en witpeper na smaak
Robbertson BBQ Speserye na smaak
¼ koppie Spur Durky Sous (of dan enige sous waarvan jy hou)
2 of 3 rooirissies
1 huisieknoffel
2 eetlepels heuning.
Bron en foto: Sean O’Brien






