ELSABE SE VINNIGE LEMOENKOEK
3 eiers
1 koppie suiker
3 eetlepels botter (gesmelt)
¼ teelepel sout
1 ½ koppie koekmeel
1 ½ teelepel bakpoeier
¾ koppie melk
Klits suiker en eiers vir 5 min. Sif droë bestanddele saam. Meng eiermengsel met meelmengsel. Voeg melk by en dan gesmelte botter. Bak 30 min op 180̊ C.
Stroop
1 koppie water
1 eetlepel botter
2 koppies suiker
2 eetlepels gerasperde skil
1 koppie lemoensap
Kook die eerste vier bestanddele saam en laat afkoel. Voeg die lemoensap by en giet oor die warm koek. Versier met room.
Resep en foto: Elsabe Britz Vander Watt