

KARIN SE MIKROGOLF SJOKOLADEKOEK
Ek het ‘n maklike een wat my meisiekind omtrent daagliks bak:
1 koppie koekmeel
1 koppie suiker
1 koppie kookwater
2 eetlepels kakao
2 teelepels bakpoeier
knippie sout
2 eiers
1 gelykvol eetlepel mayonnaise
Meng alles bymekaar met ‘n vurk of whisk.
Sit in ringpan vir mikrogolfoond.
Bak vir 6 min op hoog.
Laat staan 5 min in oond.
Haal uit en sit op net wat jy wil.
Bron: Karen Glintenkamp






