

KLAM LEMOENKOEK
Resep verskaf deur Michelle Nel
Foto: Wayne Dugmore
Beslag:
4 ekstra groot eiers
315 ml suiker
90 ml kookolie
250 ml lemoensap
3 lemoene se skil gerasper (hou ‘n kwart vir die versiersel)
30 ml papawersaad opsioneel
625 ml koekmeel
20 ml bakpoeier
2.5 ml sout
Sous:
225 ml lemoensap
125 ml suiker
Los die suiker in die sap op deur dit vir ‘n paar 3 minute te kook.
Versiersel:
5 ml lemoen geursel, res van die lemoenskil
500 ml versiersuiker
200g margarien
Klits die eiers en suiker vir ses minute saam.
Voeg die olie en sap by.
Roer die lemoenskil en papawesaad by.
Sif die meel, bakpoeier en sout saam.
Vou by die mengsel in.
Spuit ‘n koekpan baie goed, voer uit met bakpapier.
Bak vir 40 minute.
Haal uit, steek vol gaatjies giet die sous oor. Laat afkoel en keer uit.
Jy kan dit in die helfte deursny of net so gebruik.
Maak jou versiersuiker aan dit is loperig, giet oor die koek.
Sprinkel gevlokte amandels oor.
VERSIERSEL
Wayne Dugmore: Vir my sous vir die koek het ek 3 lemoene se skil af gerasper en die sap uitgedruk. 1 koppie sap een kant gehou. Meet nog ‘n koppie lemoensap (vul aan met water as daar nie genoeg is nie) met 1 koppie suiker en 50 ml botter. Bring tot kookpunt. Voeg die lemoenskil by en kook vir 5 minute. Voeg die koppie lemoensap by en kook nog 5 minute. Dreineer deur ‘n teesif om die pulp te hou vir die versiersel.







Done