

KERRIE NOEDELSLAAI MET PYNAPPEL EN GERASPERDE WORTEL
500 g klein skulpie noedels
1 groen pepper
1 geel pepper
1 rooi pepper
1 koppie tamatie sous
½ koppie asyn
1 blik pynappel, in stukkies gesny
½ koppie olie
200 ml suiker
25 ml kerrie
1 wortel, grof gerasper
sout en gemaalde swart peper na smaak
Kook 500 g klein skulpie noedels (gaar maar nie pap gekook) 1 groen/geel/rooi pepper gekap 1 ui gekap
Meng:
1 koppie tamatiesous
½ koppie asyn
1 blikkie pynappel in stukkies gesny
½ koppie olie
200 ml suiker
25 ml kerrie
1 wortel grof, gerasper
sout en gemaalde swartpeper na smaak
Meng alles deur en hou in yskas.
Foto: Gideon Louw
Vroulief het die resep gebruik en ons malligheid na sweetchillie het gemaak dat sy een eetlepel sweet chilliesous bygesit het, asook ‘n halwe teelepel chillie flakes
En was heeerlik saam met ons gebraaide rolrib oppie kole.







geskuif
Hi
Wil net weet word die pepper en ui gebraai voordat dit ingegooi word by noedels?
Hi Mirinda
Omdat dit ‘n slaai is, is alles rou, maar as jy nie daarvan hou nie, kan jy die uie braai maar die peppers sal ek rou hou vir die slaai…