

JAMES SE PASTA EN SPINASIE
• 600 g jongtamaties, heel of gehalveer
• 1 eetlepel druiwepitolie
• 500 g rou linguine pasta
• 200 g jongspinasieblare
• varsgemaalde swartpeper
• olyfolie
• 100gr of na smaak gerasperde parmesaankaas(onthou dit is jou sout in die dis)
• 1koppie vars pietersielie fyn op gekerf
Sit die spinasie blare in jou opdien bak. Kook pasta volgens aanwysings tot al dente. Pak die tamaties in n oondbak en besprinkel met die druiwepit olie bak dan op hoogste verstelling tot die tamaties net bars. Gooi dan die warm pasta bo oor die spinasie blare en so 2 skeplepels van die pasta water ook. Voeg tamaties onmiddellik by en meng saggies alles deur sodat spinasie effens verwelk. Geur met swart peper. Rasper die parmesaan bo oor en voeg die pietersielie by. Meng weer deur. Sit dadelik voor.
Bron:James Gillespie






