

GIDEON SE SKOTSE EIERS
Ek het vannaand vir ons skotse eier gemaak dit was n bietjie moeite maar heerlik
4 eiers gaar gestoom vir 6 min en afgedop
500 g maalvleis van jou keuse (ek’t my eie skaap maalvleis gebruik)
olie om mee te diepbraai
Meel om in te rol
Deel die maalvleis in vier ewe groot dele
Maak dit plat in jou hanpalm en plaas die gaar eier bo op rol en draai tot die eier heel toe is in die maalvleis, rol dan in meel
Doen so met alle eiers en plaas dan in die vrieskas vir +- ‘n half uur, diep braai vir +- tien minute of tot mooi bruin
Foto en resep: Gideon Louw






