

SUMI SE VISVINGERS
1 pak 24 visvingers
1 blikkie tamatie en uie of boerie relish, gewoon of met rissie of met knoffel
1 potjie redelike slap witsous ongeveer 500 ml of meer
½ bakkie sampioene, gekerf (optioneel)
Maak jou gewone witsous.
Skep ‘n lagie onder in jou vierkantige brood pan.
Plaas ry visvingers op witsous, skep nou van die tamaties op die visvingers en dan weer lagie witsous.
Herhaal tot alles klaar is – it’s up to you hoeveel jy wil maak.
As jy ‘n ander smaak wil hë, braai jou sampioene tot sag en meng die blikkie tamatie daar deur.
Pak dan lae soos hier bo, rasper kaas oor en bak by 180ºC vir so 30 min.
Foto en resep deur Somarié Muller







Ek verwys na bogenoemde resep.
“Garlic” = knoffel.
“chili” = russie
Baie dankie ek waardeer, mar mens spel rissie so, ek sal dit regstel.