



GESTOOMDE MIELIEBROOD
Bron en foto: Mathilda van Tonder Leslie
2de foto: Tanya Rossouw
FOOD LOVERS RECIPES
1 blikkie sweetcorn, roomsoort
1 koppie mieliemeel
1 koppie koekmeel
3 eiers
1 eetlepel botter
3 teelp bakpoeier
half koppie suiker
knippie sout
Meng alles saam en stoom vir 1 uur in gesmeerde skottel.
Ek gebruik enamel ronde kastrol, jy kan 2 leë groot konfytblikke ook botter smeer en skep hul half vol en maak toe met foelie, sit in kastrol wat half gevul is met kookwater, deksel op en stoom vir 1 uur..
Nota: Brenda Bouwer – jy kan hom bak ook. Myne wat ek bak is dieselfde resep as die ene. Bak ook vir ‘n uur by 180 ºC






