GESONDE PIESANG PANNEKOEKE
Baie maklik!
3 piesangs, opgesny en fyngedruk. Oorryp piesangs werk die beste en is die soetste.
2 eiers
1 teelepel kaneel
1 teelepel Xylitol of heuning
100 g oatbran
Klits alles saam, maak seker pan is lekker warm, en gooi in pan. Ek hou my pannekoekies maar klein so plaatkoekie grootte, makliker hanteerbaar. As dit klaar is kan jy nog bietjie heuning oorgooi en lekker gerasperde mozzarella en dan smelt in mikrogolf. Bacon bo-oor is ook hemels.
Resep en foto: Anri Loots