BETS SE PANNEKOEK
(14-16 pannekoeke)
2 koppies koekmeel
knippie sout
2 eiers, geskei
½ koppie olie
3 koppies koue water
2 teelepels bakpoeier
Skei eiers en klits witte styf. Hou eenkant. Klits eiergele en olie saam. Voeg helfte van die water by en klits goed. Sif droë bestanddele saam en voeg by eiermengsel. Klits totdat daar geen klonte meer is nie. Voeg res van water by en klits deur. Vou eiewitte in. Laat deeg rus vir 1 uur. Bak bruin aan albei kante en bedien met kaneel en suiker of enige sout vulsel van u keuse.
NB: Hierdie deeg kan met sukses gevries word en dan net op sy eie laat ontvries en bak soos gewoonweg. Die gaar pannekoeke kan ook gevries word.
Foto: Bets Lourens