

ANNELIZE SE MIKROGOLF VLASKYWE
250 ml suiker
125 ml vlapoeier
1 liter melk
20 ml vanilla geursel
1 pak cream crackers
Bolaag:
1 koppie versiersuiker
bietjie suurlemoensap
2 eetlepels warmwater
Meng die suiker en vlapoeier in diep mikrogolfvaste bak.
Voeg die melk en vanilla geursel by. Meng goed en mikrogolf op hoog vir ongeveer 8 – 10 minute – roer na elke 2 minute.
Pak cream crackers onder in bak, sit warm vulsel op cream crackers en dan weer laag cream crackers bo-op. Laat koud word. Meng die versiersuiker, bietjie suurlemoensap(so squirt uit botter) en warm water.
Smeer bo-oor koue tert.
Die bruin op foto:
Het sommer bietjie sjokolade roomys sous wat ek in yskas gehad het bo-oor gespuit
Resep en foto: Annalize Dorfling Volschenk






