

WILMA SE KOELKASVRUGTEKOEK BLOKKIES
Resep en foto: Wilma Hollenbach Keuler
FOOD LOVERS RECIPES
500 g glans vrugtekoekmengsel
2 pakke tennisbeskuitjies, in stukke gebreek
125 g margarien
125 ml sagte bruinsuiker
1 blik kondensmelk
5 ml vanilla geursel
Voer ‘n broodpan van 23 x 13 x 7 cm uit met kleefplastiek en spuit met kleefwerende kossproei.
Meng die glansvrugte en beskuitjies goed saam.
Plaas die margarien, suiker en kondensmelk in ‘n potjie op die stoof en verhit stadig totdat die suiker opgelos is.
Verwyder van die hitte en skep dit saam met die vanilla oor die vrugtemengsel, meng goed.
Skep die mengsel in die gevoerde pan en druk dit styf vas.
Verkoel in yskas tot styf.






