


SONELLE SE SJOKOLADE-KOFFIE KOEK
Klits 1 ½ koppie suiker met 5 eiergele ( hou eier wit een kant )en 1 teelepel vanilla geursel saam.
Voeg by ¾ koppie olie en ¾ koppie water en klits weer.
Voeg die volgende by en meng goed:
1¾ koppies koekmeel
3 teelepels bakpoeier
4 eetlepels kakao
‘n kippie sout
Klits die eierwitte styf en vou in by mengsel.
Bak in ‘n oondbak vir 20 tot 25 min op 190 ºC in die oond .
Sous:
1 ½ koppie water
1 koppie suiker
3 eetlepels koffie
3 teelepels vanilla
Kook op stoof tot suiker op gelos is en skep oor warm koek as die koek uit die oond uit kom.
Versier met 1 houer styf geklopte room gemeng met en 1 blikkie karamel.
Bron en foto: Sonelle Muller
2de foto: Carrie Segar Malan






