

VULSELS VIR RANDKOEKE – FLANS
FOOD LOVERS RECIPES
Colleen Daniels My late mom used to use gelatin and the chopped fruit would set inside the gelatin and then decorate with fresh cream and grated chocolate
Heila Van Niekerk: My ma se resepte wat sy as vulsels gebruik het.
Pynappel vulsel: Kook 1 gerasperde pynappel, as begin kook voeg 1 koppie suiker by. Skei 2 eiers, gebruik geel om vla aantemaak soos dik pap. Laat deurkook tot vla gaar is. Klits witte styf vou in pynappel mengsel in, as afgekoel skep in flans. Versier met styfgeklopte room. As blikkies pynappel gebruik word verminder suiker anders is dit baie soet.
Martie Du Pisanie: Ek het heerlike vulsel waar kondensmelk inkom…maar die resep so lank laas gemaak ek onthou nie die best nie en ek is nie nou op die plaas nie.
Heila Van Niekerk:
Dadelvulsel:
½ koppie gesnyde dadels
½ koppie suiker
½ koppie melk
2 eetlepels botter
2 eetlepels kakao
Kook stadig tot dadels sag is. Skep in flans, versier met styfgeklopte room.






