

PIETER SE FAMOUS VOLKORING SORGHUM GROWWE BRUINBROOD
700 g (1250 ml) Volkoring meel of prefer Sorgum growwe meel
30 g (250 ml) spysverteringsmeel
10 ml heuning of na smaak bietjie meer maak net soeter !!
10 ml bruinsuiker
5 ml koeksoda
3 ml sout
klein teelepel kits suurdeeg
Voeg sade by na smaak: pampoen sade, sonneblom, gekapte neute hier kan jy jou eie saad mengsel gebruik so ¾ koppie mengsel saad en neute saam ook rosyne as jy so voel.
500 ml karringmelk
Sit oond aan op 180°C wag tot oond daai hitte bereik.
Meng al die droë bestanddele saam in bak met die sade en neute .
Nou goed gemeng en nou voeg jy karringmelk by.
As 500 ml bietjie droog is voeg nog bietjie by meng goed.
Sit mengsel in goed gesmeerde broodpan van so 18 x 8 cm.
Plaas in warm oond en bak vir so 1 tot 1.5 ure toets met met breinaald binne.
Keer uit op koelrak en die is baie belangrik nou.
Sny vinnig warm korsie af eet dadelik met dik gesmeerde botter!!
Resep en foto: Pieter Hattingh






