

VINNIGE RISSIESOUS
8 grootuie fyn gesny
1 grootblik appelkooskonfyt
250 ml Asyn
750 ml tamatiesous
¾ koppie rissies stukkies gesny en ontpit
2 opgehoopte eetlepels knoffel
Braai uie tot deursigtig voeg knoffel en rissies by braai nog vir so ‘n min.
Voeg dan tamatiesous, asyn en appelkooskonfyt by.
Kook oor laehitte vir 5 min en bottel.
Mens kan fyn gesnipperde boontjies en blokkies wortel ook by voeg.
As jy hou van baie brand voeg van die rissies se pitte in die sous.
Bron: bottelenbere
Foto: Trudie Truter






