

CECILY SE VINNIGE JELLY BEAN SJOKOLADE FUDGE
1 blikkie kondensmelk
3 sjokolade blokke (“slabs”)
en enige iets wat jy wil byvoeg. Verkieslik jelly tots, smarties of enige ander lekker in daardie vorm.
Kook die sjokolade en kondensmelk in ‘n pot op die stoof goed deur. Hoe langer dit kook hoe beter sal dit stol. Wees versigtig dat dit nie aanbrand of suikerkristalle vorm nie, hou dit dop.
Sny die jellie lekkers op, voeg dit by die sjokolade mengsel en giet die mengsel in ‘n plat glasbak.
Die jelly lekkers het so bietjie gesmelt, maar ek het bo-op die fudge ook lekkers gestrooi na dit so bietjie afgekoel het.
Plaas die fudge oornag in die yskas om heeltemal te stol. Sny die fudge in blokkies, so groot soos verkies en bedien.
Dis baie soet, en hou lank in die huis.
Notas: Ek het wit en bruin sjokolade gemeng. Jy kan bakpapier onderin die bak plaas, indien jy dit sou wou uitlig na dit gestol is. Ek het nie bakpapier gebruik nie, die fudge in die bak gelos en so bedien.
Resep en foto: Cecily Sageres Baartman







Done