

MYRTLE SE PRUTPOT-AFVAL
Ek was die afval nog steeds met water en koeksoda net om heeltemal seker te maak.
Ek pak hom dan in die slow cooker, pootjies, kakebeen en wangbene onder, en dan die ander goedjies bo-op.
Daarby voeg ek ‘n paar peperkorrels en naeltjies, kookwater en bietjie asyn, en laat hom op slow sy ding doen tot ek van die werk afkom.
En dan braai ek my ui en kerrie in bietjie olie in ‘n swart platboompot, haal die afval uit die slow cooker, gewoonlik is die vleis al so sag, maar nog ferm, dat ek die kakebeen en wangbene kan uithaal, sit dit by die kerrie en uie in die pot.
Ek maak bietjie hoenderaftreksel aan en voeg dit by en dan die baba aartappels.
Kook vir nog so +/- ‘n uur. as die sous te dun is kan dit verdik word. En siedaar!
RESEP EN FOTO: Myrtle van Dyk






