


TUISGEMAAKTE KONDENSMELK
2 koppies melk
¼ teelepel koeksoda
2 koppies suiker
½ teelepel sout
Los alle bestanddele op in melk.
Kook vinnig vir so half uur tot romerig.
Roer aanhoudend, maar moenie laat melk oorkook nie.
Laat afkoel en bottel dit. Plaas in yskas.
Dit kan in enige resep gebruik word. Dit proe soos gekoopte kondensmelk en is lekker soet.
BRON: MATHILDA VAN TONDER LESLIE
FOTO: Velia Goosen en Anina Kotze – Myne het nou deur die nag verdik. Dit is nou nes kondensmelk







geskuif
Anjolle Alberts
Ek het uiteindelik ‘n pynappel tert met malvalekkers gemaak. Resep is op di blog. Ek het my eie kondensmelk gemaak.
2 kop melk
2 kop suiker
Kwart teelepel koeksoda
Half teelepel sout
Kook vinnig vi half uur, tot romerig lyk. Moenie dat di melk oorkook ni. (Ekt net 25min gekook)
Proe soos gekoopte kondensmelk kan in enige gereg gebruik word.