TUISGEMAAKTE KONDENSMELK



TUISGEMAAKTE KONDENSMELK
2 koppies melk
¼ teelepel koeksoda
2 koppies suiker
½ teelepel sout
Los alle bestanddele op in melk.
Kook vinnig vir so half uur tot romerig.
Roer aanhoudend, maar moenie laat melk oorkook nie.
Laat afkoel en bottel dit. Plaas in yskas.
Dit kan in enige resep gebruik word. Dit proe soos gekoopte kondensmelk en is lekker soet.
BRON: MATHILDA VAN TONDER LESLIE
FOTO: Velia Goosen en Anina Kotze – Myne het nou deur die nag verdik. Dit is nou nes kondensmelk