RONEL SE GEBAKTE RYSGEREG
2 koppies rou rys
sout en peper
250 g gemengde gevriesde groente of enige rou groente
1 groot ui, grof gekap
kool, opgesny
2 groente aftreksel blokkies
genoeg kookwater
Braai al die groente met bietjie sout en peper saam in ‘n warm pan met bietjie olie . Voeg die rou rys by en braai totdat die rys deurskynend is. Plaas al die bestanddele in ‘n oondbak met ‘n deksel. Meng die groente blokkies en die kookwater (genoeg water om al die bestanddele in die bak te bedek). Wanneer die blokkies opgelos is, giet die water oor die rysgereg in die bak en bedek die bak. Plaas in ‘n voorverhitte oond en bak teen 180ºC totdat die water geabsorbeer is en die rys gaar is. Hierby kan jy enige iets byvoeg. Heerlik, geniet.
Resep: Ronel Muller Thoma