

PIESANGKOEK MET ROOMKAAS VERSIERING
Resep en foto: Dedrei Venter
FOOD LOVERS RECIPES
Koek:
3 fyn gemaakte ryp piesangs
2 teelepel suurlemoen sap
3 koppies koekmeel
1½ teelepels bakpoeier
¼ teelepels sout
¾ koppie sagte botter
2 koppies suiker
3 eiers
2 teelepel vanilla geursel
1½ koppies melk (met 2 teelepels suurlemoen sap in gemeng)
Sit die oond aan op 135ºC.
Spuit/smeer medium oondpan.
Meng die suurlemoen sap met die piesangs en sit eenkant.
In ‘n medium bak meng die meel en bakpoeier en sout, sit eenkant.
In ‘n groot mengbak, room die botter en suiker met elektriese klitser.
Klits eiers een vir een in asook die vanilla.
Klits alternatiewelik die meel mengsel en melk mengsel in.
Meng nou die piesangs by. Plaas die hele mengsel in jou oondbak en bak vir 1h15min.
Plaas onmiddelik die gebak in die vrieskas vir 45 min. Sit gerus ‘n doek onder om jou ander items in die vrieskas te beskerm.
Roomkaas versiersel:
1 bakkie gewone roomkaas
½ koppie sagte botter
1 teelepel vanilla geursel
3½ koppiesversiersuiker
Room die botter en roomkaas saam met elektriese klitser. Voeg vanilla en versiersuiker by. Klits op lae spoed tot dit gebind het en dan hoë spoed tot glad.
Haal die afgekoelde koek uit die vrieskas, versier en geniet!






