

MARINDA SE HOENDERPASTEI
1 hoender(1,5 kg)
½ pak gekoopte skilferkors
1 pakkie sampioen sop
1 koppie alfabet noodels (ek’t sago gebruik) week ½ uur in water
‘n knypie sout en peper
‘n knypie tiemie
1 teelepel hoender speserye
1 eetlepel Worcestersous
Maak hoender in ‘n bietjie water gaar, ontbeen en sny in stukkies.
Indien nodig vul die aftreksel aan met water.
Voeg al die ander bestanddele by.
Bring tot op kookpunt terwyl die hoender geroer word.
Prut stadig vir 10 min.
Skep uit in ‘n pasteibak. Rol die helfte van ‘n pak ontvriesde skilferkorsdeeg uit – ‘n bietjie groter as die bak waarin die pastei gemaak word. Sit deeg op vleismengsel. Sny kante af, maar laat ruimte oor langs kante. Werk die deeg teen die kante vas met ‘n stomp mes. Van die oorskiet deeg kan versierings uitgesny word.
Plak dit vas met melk.
Bestryk die deeg met melk.
Bak vir 30 min of totdat die deeg mooi ligbruin is by 200 º C in ‘n vooraf verhitte oond.
Die pasteie vries goed, ek vries myne rou.
My klein pasteitjies het ek deeg ook onder in en net gaatjies in gesteek met ‘n vurk. Vulsel in gesit en weer deeg bo-oor.
Resep en foto: Marinda van Rooyen






