

PIESANG-EN-WORTELMUFFINS
FOTO: Benhet Nieuwenhuis
FOOD LOVERS RECIPES
Muffins in die kosblik is ‘n wenner. Boonop vries hierdie muffins goed.
LEWER SOWAT 24 MUFFINS
500 ml (2 koppies) koekmeel
15 ml (1 eetlepel) bakpoeier
5 ml (1 teelepel) gemengde speserye
500 ml (2 koppies) volgraanmeel
100 ml semels
100 ml muesli
50 ml klapper
50 ml sonneblomsaad
100 ml pitlose rosyntjies
50 ml lynsaad
250 ml (1 koppie) sonneblomolie
3 eiers
10 ml (2 teelepels) vanieljegeursel
250 ml (1 koppie) melk
500 ml (2 koppies) gerasperde wortels
6 fyngemaakte piesangs
10 ml (2 teelepels) fyn kaneel
5 ml (1 teelepel) sout
5 ml (1 teelepel) koeksoda
gevlokte amandels
Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit twee muffinpanne.
Sif die koekmeel, bakpoeier en speserye saam.
Voeg die volgraanmeel, semels, muesli, klapper, sonneblomsaad, rosyntjies en lynsaad by.
Klits die olie, eiers, geursel en melk saam. Meng die wortels en piesangs by.
Voeg die droë bestanddele by; roer tot net gemeng.
Skep in die panne, strooi die amandels oor en bak 25-30 minute.






