
OKRA ROERBRAAI MET MOSTERT,KOMYN EN KERRIEBLARE
(4 bykosporsies)
3 e kookolie
1 t mosterdsaad
1 t komynsaad
10 kerrieblare
500g okra
sout en peper, na smaak
Verhit olie in ‘n pan en roerbraai komyn, mosterd en kerrieblare vir ‘n minuut. Voeg okra by en roerbraai vir ‘n paar minute. Okra moet nog steeds groen en krakerig wees en nie te lank gekook word nie. Geur met sout en peper en bedien.
Krakerige okrapeule met komkommer-en-jogurtdoopsous
½ k (125ml) mielieblom (maizena)
½ k (125ml) meel
2-3 e sterk kerriepoeier
1 e komynsaad
1 k sodawater
1 t seesout-vlokkies
kookolie vir diepbraai
500g Okra
Doopsous
1 k gewone jogurt
¼ komkommer, gerasper en pitte verwyder
2 e gekapte koljanderblare
4 kardemomsade, fyngemaal
Meng die mielieblom, meel, kerrie, komynsaad en sodawater om ‘n klonterige, maar dunnerige deeg te maak (die klonte maak nie saak nie want dit maak die deeg ekstra bros. Voeg nog sodawater by indien nodig). Vul ‘n kastrol tot ongeveer 4 cm met kookolie en verhit. Doop okra in deeg en braai tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier. Meng doopsousbestanddele saam en bedien met diepgebraaide okra.






