

HEERLIKE HOENDER MET CHIPS
1 gaar heel hoender
1 pakkie sampioene
1 pakkie sampioensop poeier
500 ml room
1 groot pak bief chips
Sny hoender in stukke en pak in oondvaste bak.
Snipper sampioene bo-oor hoender.
Druk chips fyn en gooi bo-oor.
Maak sampioensop aan met room
Gooi bo-oor alles en bak 40 min in 180°C oond.
Resep: Lee-Ann O’Niel
Foto: Marieta James






