

DENVER SE PASTA EN SARDIENSLAAI
1 pakkie gekookte pasta
1 blikkie sterk sardines
1 gekapte ui
1 gekapte greenpepper
Sous:
250 ml tamatie sous
125 ml bruin asyn
125 ml olie
200 ml suiker
25 ml mild kerrie poeier
knypie chillie poeier
Sout en vars gemaalde swart peper
Maak al die sous bestandele aan in n mengbak.
Gooi een gekapte ui en gekapte greenpepper by.
Haal die graadjies uit die sardines en gooi by die met sy eie sous en al by die ander sous.
Gooi nou een hele pakkie gekookte pasta by die sous.
Roer deur en roer elke halfuur terwyl dit afkoel.
Resep en foto: Denver Petersen






