

BANTING BROOD
1 koppie klapper meel
1 koppie gemengde sade
60 ml linseed
1 teelepel sout
10 ml bakpoeier
6 eiers
1 koppie amasi
Meng die droë bestanddele.
Klits 6 eiers by en voeg dan amasi by en meng goed.
Skep in ‘n gesmeerde pan en bak vir 55 minute by 180 ºC.
Resep en foto: Ellie Rohlandt Germishuys






