

WILMA SE LEKKER SOUSIE
Ek sny die uie (2) baie fyn en braai dit in olyfolie tot dit deurskynend en bietjie bruin is.
Dan gooi ek so 2lekker Groot opskep lepels vol gekapte sampioene by en braai dit ook.
Ek geur alles met braaispeserye, sout en varsgemaalde swartpeper met so paar rissiepitte by. Los die mengsel tot dit drooggekook het.
Meng 2teelepels Bisto en 1teelepel Maizena lekker saam en vul met 300 ml water.
Klits goed deur.
Gooi by die uie in die potjie/pan en roer aanhoudend terwyl dit kook om klonte te voorkom.
Dis dit.
Ek proe gewoonlik of daar genoeg geurmiddels in is en voeg dan by indien nodig.
RESEP EN FOTO: Wilma Josey Venter






