

WAATLEMOEN “MARTINI”
Vars waatlemoen in jou blender en blend tot silky. Laat staan in yskas vir 15 min. Net voor jy jou ”martini” skink gooi 300 g ysblokkies by vir elke 1 liter vars waatlemoen sap. Blend baie vinnig sodat jy nog stukkies heel ys in jou sap het. Kikker jou glasie op met waatlemoen balletjies en ‘n stukkie mint. ‘n Tot vodka smaak ook nie sleg saam die waatlemoen sap nie, maar nou nie vir ontbyt nie. 🙂
SAAM OP DIE BORD
Ek het waatlemoen in driehoeke gesny soos ‘n pizza en vars vrugte bo op my pizza waatlemoen gepak. Op ‘n medium sosatie stokkie ‘n pynappel stukkie, kiwi fruit skyfie, halwe arbei en ‘n swart druiwe korrel. 1 medium grote spanspek bolletjie en ‘n klein winter spanspek bolletjie. Een lip lekker vrugte pizza stukkie.
In die klein glasie het ek 1 teelepel mixed berry compot en 2 eetlepels natuurlike yoghurt. Klein bietjie heuning bo oor en ‘n raspberry.
In die glas lepeltjie het ek ‘n mengsel van die volgende gemaak:
1 koppie klapper skaafsels
1 koppie sonneblom sade
1 koppie gemengde rosyne
1 koppie pekaneute en
4 koppies muesli van jou keuse
Meng saam en maak die lepeltjies vol. Ek hou die muesli apart van die yogurt, omdat baie mense allergies is vir neute.
Foto en resep: Willemien Visser







geskuif