

GROENRISSIE SLAAISOUS
Versap 2 groot Groenrissies (ontpit) en 1 bossie Pietersielie
Voeg by:
1 Teelepel Aromat
1 Teelepel Peper
1 Teelepel Mosterdpoeier
1 Teelepel Knoffelsout
1 Koppie Suiker
1.5 Koppie Druiwe Asyn
1.5 Koppie Olie
Meng goed deur. Gooi in bottel en bere in yskas.
Heerlik oor slaai en sommer alles!
BRON: Alberta van Wyk






