
SMAAKLIKE SOUSPOEIER
1 pak (500 g) bruismeel (750 ml)
1 pak (250 g) Bisto-souspoeier
1 pak (250 g) Brono-souspoeier (of P n P brand)
2 pakkies (4 porsies elk) bruin uisoppoeier
1 pakkie (4 porsies elk) tamatiesoppoeier
1 pakkie (4 porsies) sampioensoppoeier
Meng al die bestanddele deeglik en skep dit in jou bottels en maak dig toe.
Wanneer jy sous wil maak, meng jy 1 – 2 e souspoeier met ‘n bietjie koue water.
Voeg dit in die sous in jou braaipan waarin vleis gebak is.
Roer dit en kook dit op die stoof tot gaar.
Resep: Naomi le Roux.






