

JOHAN EN MARY SE BOTTEL EN BêRE TAMATIESOUS RESEP
2.5 kg Ryp Tamaties ( Ek maal sommer die tamaties 8mm )
1 kg Uie Fyn gesny
Kook bogenoemde op `n lae hitte ± 30 min tot sag
Meng die volgende saam:
1 kg Bruin suiker
500ml Wit asyn
15ml Sout
15ml Kerrie
15ml Mosterd
10ml Geroosterde fyn koljander
10ml Rooi peper
As die tamaties mooi deur gekook is, gooi dan bogenoemde by.
Kook dan alles saam tot mooi dik. Dit moet nie te watering wees nie.
Bottel warm.
Resep en foto: Johan du Preez Snr






