OONDGEDROOGDE TAMATIES
Was, sny in skyfies en pak op bakplaat.
Gooi ‘n klein bietjie olyfolie oor, grofgemaalde swartpeper en sout, en kruie van jou keuse (ek verkies oregano).
Laat in lou oond uitdroog.
Jy kan die gedroogde tamaties in ‘n bottel gooi (met of sonder olyfolie) en dit vir baie lank in die yskas hou.
Dis heerlik om net so te eet, en in geregte of slaaie te gebruik!
BRON – FOOD LOVERS RECIPES