

KARRINGMELK-KAPOKAARTAPPEL-KRING KOEK
8 medium aartappels, in kleinerige chunks gesny, gaar gemaak in mikrogolfoond
1 ui, gekerf en stadig bruin gebraai in botter
2 eiers, geklits in
200 ml karringmelk
1 teelepel whole grain mosterd
2 teelepels kaassmeer
3 teelepels roomkaas (vandag het ek balsamic & onion geur gebruik)
Roer alles saam, giet in ringpan wat gespuit is.
Bak teen 180°C vir 40 – 45 minute en dan op grill vir nog 5 minute.
Laat ‘n rukkie afkoel voordat jy dit omkeer.
Resep en foto: Meyer Combrinck
Opsies vir ‘n volgende keer:
1 Sit gebraaide spek/salami/sampioene/soetrissies by.
2 Sprinkel met gerasperde kaas en gou weer onder die grill.






