

LEKKER PYNAPPEL YSKASTERT VIR DIABETE
1 blik fyngemaakte pynappelstukkies
500 ml vars room
1 sakkie gelatien
2 selati versoetter sakkies
2 pakkies tennisbeskuitjies
100 ml gesmelte botter
Maak beskuitjies lekker fyn en meng met botter. Druk helfte vas in ‘n tertbak met ‘n volume van 2 liter. Sit in die yskas tot benodig.
Dreineer pynappelstukkies en pons gelatien in die pynappel stroop. Roer die selati versoetter by tot opgelos.
Klits room tot stywe punte gevorm het en vou pynappelstukkies en gelatien mengsel daarby in.
Skep helfte op die kors. Strooi oorblywende beskuitjie mengsel oor, skep weer pynappel- en room mengsel oor.
Strooi gekapte neute oor en sit in die yskas om te stol.
Hierdie tert bevat nie baie suiker – behalwe vir die beskuitjies en die pynappel stukkies nie – en is daarom heel geskik vir Diabete.
BRON – Wilma Josey Venter
All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.
Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.






