


ELSABIE SE OONDGEBAKTE KRAKERIGE HOENDERSTUKKE
Dis altyd ‘n wenner resep. Ek gebruik die helfte Chilli Bite Mix poeier en die helfte graanvlokkies nadat ek dit in my blender fyner gemaal het. Dit moet nie heeltemal fyn soos broodkrummels wees nie. En baie belangrike wenk, terwyl ek die hoender regkry maak ek solank die oondpan met die olie in (so 3mm diep olie) warm by 200 grade C sodat die hoender stukke sommer sis wanneer ek hulle in die warm olie sit
Ek het ‘n halwe pakkie Chilli Bite Mix met so 2 koppies graanvlokkies (gemeet nadat ek dit in blender gemaal het) gemeng en dit was genoeg om 16 stukkie hoender te doen.
1 koppie meel vir die doop voordat dit in 3 geklitste eiers gedoop word en dan in die Chilli Bite en graanvlokkie krummel mengsel gedruk word.
Braai 15 min, draai dan temperatuur af na 180 grade C vir nog 15 min, draai die hoenderstukke om en bak nog 30 min tot goudbruin en krakerig. Dreineer op kombuispapier en bedien. Dis net so lekker koud (as dit so lank hou).
Resep en foto: Elsabie Templeton
2de foto: Elsabie Templeton
Die Kolonel wens hy kon dit so lekker maak! Vandag die hoender stukke in meel en toe ongegeurde jogurt gedruk (ipv geklitste eiers) en toe in die fyn graanvlokkie
Maak die bodem van die oondpan net toe met olie en laat dit in die oond warm word tot 230°C terwyl jy die hoender stukke voorberei. Rol eers in koekmeel dan in ongegeurde jogurt, laat dit effens afdrup en bedek met die fyn graanvlokkie & chilli bite poeier wat gemeng is. Sit die bedekte hoender stukke op ‘n groot bord tot almal klaar bedek is. Haal nou eers die warm oondpan uit en sit die stukke in die warm olie. Jy sal sommer hoor die olie is warm sodra jy dit insit. Bak oop by 225°C vir 30min, draai die stukke om en bak nog 30min. Toets of die hoender gaar is langs die been. As die vleis nog pienk is laat dit vir nog 10min bak of tot gaar. Dis heerlik koud ook (as daar iets oorbly).illi bite poeier. Dit maak vir ‘n dikker krakerige kors wanneer dit gaar is, amper soos die KFC double crunch”.






