ELSABIE SE MELKTERT
Veelsydige pastei deeg (druk in pan) {genoeg vir 2-3 foelie pannetjies}
2,5 kp koekmeel
2 teel bakpoeier
250 g margarien (ek gebruik Stork-to-Bake)
2 klein (of 1 groot) eier
Knippie sout
Sif meel, bakpoeier en sout saam. Vryf margarien in die meelmengsel totdat dit krummelrig begin lyk. Klop eiers en gooi by die meel en margarien mengsel. Indien dit te slap is gooi bietjie meer meel by.
Die deeg moet styf en nie pap wees nie. Sit in plastiek sakkie in yskas tot benodig (jy kan dit op hierdie stadium vries vir latere gebruik ook). Druk in pan en gooi vulsel bo-oor.
Nota: ek het al hierdie deeg gebruik om ‘n quiche pan mee uit te voer voordat ek die bestandele oorgooi. Dan sit ek ‘n koppie skerp Cheddar kaas by en ‘n knippie gerookte paprika of rooipepper.
Melktert (met kondensmelk)
Klits die volgende in ‘n kastrol:
1 blikkie kondensmelk
3 blikkies kookwater (gebruik die kondensmelk blik om te meet)
1 eetl. botter
Sif die volgende saam:
100 ml koekmeel
50 ml Maizena
100 ml vla poeier
Knippie sout
Hou byderhand:
4 jumbo eiers geskei
Klits die eiergele met bietjie water en gooi die droe bestandele by en meng goed. Gooi dit in die pot met die kondensmelk en kookwater en roer aanhoudend tot dit begin verdik. Laat afkoel.
Klits die eierwitte tot styf en vou by die afgekoelde mengsel in die pot.
Hierdie resep is genoeg vir 3 tert foelie pannetjies of 1 groot melktert.
Gooi oor die rou deeg in die pannetjies en bak by 200°C vir 20 minute en dan by 180°C vir nog 20 minute.
Die vulsel sal oppof en nadat jy dit uit die oond verwyder sal dit weer afsak. Strooi kaneel suiker oor en bedien.
Nota: ek wou die resep verdubbel maar het net een blikkie kondensmelk gehad. Ek het toe 3 blikkies melk as die ekstra vloeistof gebruik en die res van resep verdubbel. Dit het perfek gewerk. Ek het geen ekstra suiker bygegooi nie.
Foto: Elsabie Templeton
Submitted