


PORTUGESE VLATERTJIES
(maak ongeveer 18 meduim tertjies in 30 minute.)
650 ml melk
8 eiergele
100 ml maizena
250 ml room
80 ml suiker
1 teelepel vanilla geursel
1 Roll puff pastry (skilferkorsdeeg)
Kors:
Roll die puff pastry mooi uit tot ongeveer ‘n 3mm tot 5mm dikte en druk dit dan uit sodat dit mooi in die holtes van n muffin pannetjie pas.
Vulsel:
Neem 100 ml Maizena en voeg 150 ml melk daar by, meng goed en sit dit eenkant.
Neem nou ‘n diep sous pan of pot en voeg die res van die melk daar in, voeg dan suiker en room by en laat dit prut.
Sodra dit prut voeg die maizena en melk mengsel daarby asook die eiergele en die vanilla geursel, roer goed en haal dit af van die plaat af.
Skep ongeveer een eetlepel van die vulsel in elke kors laagie. Bak vir ongeveer 20 min op 180 ºC.
Om die kleur bo op die tertjie ‘n mooi goue kleur te gee… afhangende van jou oond, stel ek voor jy grill die terjies net ‘n paar minutes tot mooi bruin of gebruik n “blowtorch” vir vinniger resultate.
Die bogenoemde resep is nie baie soet nie, ek stel voor mens voeg maar suiker na smaak by, ek hou net van myne nie te soet nie en dan laaste ding met my ondervinding met die resep voel ek dat om ‘n skaal te gebruik in plaas van maatbekers is baie meer akuraat.
RESEP: Fatima Gomes
FOTO: Marinka Visage en Annette Jardim







Annette Jardim
Rina baie dankie vir die resep. Het vandag die portugese melk tertjies gebak en n reuse sukses na my vorige 3 pogings.