


DADEL EN CHOC CHIP TERTJIES
375 ml koekmeel
5 ml fyn gemmer
3 ml bakpoeier
2 ml koeksoda
2 ml sout
180 ml sagte botter of margarine en 20ml kookolie
160 ml sagte bruinsuiker
1 ekstra-groot eier
350 ml fyn gesnipperde dadels
50 ml choc chips
Stroop
100 ml kookwater
20 ml botter
150 ml suiker
80 ml brandewyn
Voorverhit oond tot 200 °C en spuit 7 ramekin bakkies met Spray and Cook.
Sif meel, gemmer, bakpoeier, koeksoda en sout saam. Verroom botter en suiker tot donsig en voeg eier by. Meng die meelmengsel by. Klits goed. Roer dadelstukkies en choc chip by.
Verdeel beslag tussen bakkies en bak vir 30-40 minute tot gaar.
Terwyl tertjies bak, berei stroop:
Verhit al die bestanddele, behalwe brandewyn, tot kookpunt en laat prut vir vyf minute. Verwyder van hitte en voeg brandewyn by. Skep twee eetlepels warm stroop oor elke tertjie sodra dit uit oond kom. Laat ‘n rukkie staan, keer die tertjies uit en skep die res van die stroop oor die onderkante van die tertjies. Sit louwarm voor met geklopte room, vla of roomys.
NOTA:
Indien die deeg bietjie te droog is, voeg maar bietjie melk by, maar dit is ‘n redelike dik deeg.
Baie lekker!!!-
Foto en resep aangepas: Rina Kleinhans







Geskuif