

BAR ONE SJOKOLADEKOEK
3 koppies water
8 eetlepels kakao
1 koppie olie
Kook bogenoemde saam en laat afkoel.
Klits 8 eiers en 3 koppies suiker baie goed.
Voeg die volgende by die eiermengsel:
4 koppies koekmeel
8 teelepels bakpoeier
½ teelepel sout
Meng goed deur.
Voeg die oliemengsel by en meng goed.
Skep in gesmeerde oondpan, en bak teen 180ºC vir 35 tot 45 minute..
Sous:
1 ½ blikkie ideal melk
½ koppie suiker
Kook saam tot suiker opgelos is. Giet oor warm die koek wanneer hy uit die oond kom.
Ganache:
2 x 80 g Midnight Velvet sjokolade
2 groot Bar One sjokolade
½ blikkie Ideal melk
Maak Ideal melk warm, voeg gekapte sjokolade daarby. Roer tot al die sjokolade gesmelt het oor lae hitte. Laat afkoel, en giet oor afgekoelde koek.
Foto en aangepaste resep: Petrè van Jaarsveld






