AS ROOMKAAS VERSIERSEL NIE WIL STYF WORD NIE
Ek gebruik nooit die laevet roomkaas nie en gebruik botter.
Die laevet goed is reg vir toebroodjie maar as dit by bak kom gebruik volvet produkte.
Maak n bietjie gelatien aan en gooi dit by. Dit werk.
Maak net seker dis heeltemal afgekoel voor jy dit inmeng
Wenk: Hettie Bezuidenhout
Soos Hettie se, gebruik BOTTER, nie margarien, en glad nie laevet roomkaas nie, ook net die blokkie (Philadelphia as jy kan). Klits botter en versiersuiker tot baie glad (en klits dan nog). As jy heeltemal happy is, klits dan jou (room temp) kaas by tot net gemeng. Ek glo aan red ‘n resep wat flop as jy kan, maar die is een van daai wat jy nie kan nie.
Wenk: Kiti De Jager
Stephanie Oberholzer
Ek gooi altyd n bietjie suurlemoenjelliepoeier by as my maaskaasversiersel nie wil stol nie. ……Skuimpies het ek geleer wil uitdroog, nie bak nie. Ek voer bakplaat ook uit met foelie. Dowwe kant na bo.