

ALIDA SE GRIEKSE BROSBROOD
Ek het gisteraand die Griekse Brosbrood gebak. Die resep is my vriendin Alida s’n. Dit was die eerste keer dat ek dit doen, so myne lyk nie so mooi soos hare nie, maar ek het die versekering gekry dat dit net so lekker smaak. Die resep maak ongeveer 80.
250 g sagte botter (dit moet regte botter wees)
100 ml strooisuiker
1 eiergeel
5 teelepels brandewyn
800 ml koekmeel
125 ml nibbed amandels
versiersuiker vir sprinkel
Voorverhit die oond tot 160ºC.
Verroom die botter en suiker goed en voeg die eiergeel, brandewyn, meel en amandels by en knie tot ‘n sagte deeg.
As die deeg te slap is voeg nog bietjie meel by.
Verkoel in yskas vir ‘n uur.
Rol die deeg in bolletjies of half maantjies, plaas dit op ‘n gesmeerde bakplaat en druk effens plat.
Bak vir 15 – 20 min in die voorverhitte oond tot lig en gaar. Strooi versiersuiker oor en laat afkoel.
Resep: Vriendin Alida
Foto: Myrtle van Dyk






