

UITMEKAARTREK KNOFFELBROOD
Foto en resep: Wanda van der Merwe
FOOD LOVERS RECIPES
1 koppie gerasperde kaas (Enige soort waarvoor jy lus het)
1 teelepel knoffel
2 eiers
1 teelepel suiker
Knippie pietersielie
1 ½ koppie koekmeel
1 pakkie gis
Mens kaas, knoffel, en eiers.
Voeg suiker en pietersielie by en meng goed.
Meng meel en gis en begin bietjie bietjie dit by die kaas mengsel inroer tot die deeg nie meer aan jou hande plak nie.
Knie deeglik en laat rys.
Knie af, rol klein bolletjies en plaas in ‘n pan gesmeer met botter
Laat weer rys
Bak teen 180 °c vir ongeveer 30mins






