

SCHALK SE LEKKERSTE PASTA
Oe ek dink ek mag maar ‘brag’. Ek’t vanaand die lekkerste pastagereg gemaak en dis so eenvoudig, het vergeet om foto te neem.
500 g pasta-skulpies
2 gerookte hoenderborsies, in skywe gesny
1 groen soetrissie, opgesny
2 wiele feta kaas, opgesny
2 groot agurkies, opgesny
mayonnaise
sout en peper na smaak
pasta speserye na smaak
Kook die pasta tot gaar maar steeds ferm. Voeg die hoender by die warm pasta en plaas eenkant om af te koel.
Meng die soetrissie, agurkies en fets by die afgekoelde pasta- en hoendermengsel en geur na smaak.
Meng soveel mayonnaise by na smaak, hoeveelheid hang af van hoe “tangy” of droog jy die pasta soek.
Ek hou van rondspeel met bestanddele en my eie goed maak. Hoop jul probeer en geniet dit.
Resep: Schalk Nel






