

JÄGERMEISTER SPEK PASTEI
2 pakkies spek
Mozzarella kaas
500 g pangebraaide maalvleis
2 gekapte uie
sout en peper
1 teelepel droë basiliekruid
Worcestershire sous
Voorverhit die oond 180°C.
Lê ‘n vuurvaste oondbak uit met spek – van die middel van die bak na buite (2 pakkies was nodig).
Rasper ‘n lagie Mozzarella kaas daarin.
Maak ‘n mengsel van die maalvleis, uie, sout, peper, basiliekruid en Worcestershire sous.
Druk dit binne in vas, en strooi weer ‘n lagie gerasperde kaas bo-oor.
Vou die punte van die spek terug en bedek die middel met stukkies spek.
Maak ‘n bedruip sous met:
olyfolie
suurlemoensap
1 teelepel Hot English Mustard
1 teelepel bruin suiker
Verf die pastei daarmee voordat dit in die Weber gasbraai geplaas word.
Die pastei word in die Pyrex gebak vir 45 minute, voordat dit uitgeskep is en direk op die rooster gebraai word vir ‘n verdere 30 minute.
Draai die pastei ‘n paar maal om gedurende die laaste 30 minute baktyd, en verf dit elke keer weer met die sous.
Ons het dit saam met knoffelbrood geëet.
Ons reken ‘n bietjie gekapte vars koriander sou die maalvleis lekker opgekikker het.
Ons het die ander helfte vanoggend koud vir ontbyt geëet, en dit was net so lekker.
BRON: Stephane Erasmus Ellis






