


CHRISTINE SE KONDENSMELK MELKTERT
1 liter melk
500ml room
1 blik kondensmelk
4-5 opgehoopte eetlepels maizena
In bak sit ek 750ml melk, room en kondensmelk en kook, die ander melk meng ek die maizena by en wanneer die mengsel kook meng ek die maizena mengsel in en kook tot dit gaar is.
Gooi in voorbereide kors of maak ‘n kors van tennis beskuitjies en botter. Strooi kaneel oor en laat afkoel
Bron: Christine Valentine
Foto: Marina Ras






