


SPICY HOENDER FILLET, GESTOOMDE GROENTE EN SLAAI
2 x hoender fillets
Knoffel en Rooi uie Sout (Food Lovers)
Vars gemaalde swart peper korrels
Gemaalde koljander
Chilli Flakes
1 x halwe vars suurlemoen
Voorverhit oond op 180°C soos gewoon met die boonste element op 3 (medium)
Spuit ‘n vuurvaste oond pan/bak met kleefsproei. Spice die hoender fillette aan albei kante met sout, peper, koljander en chilli flakes. Plaas in bak en druk halwe suurlemoen se sap bo oor fillette (dit help baie dat die fillette nie uit droog nie) bak vir 20 – 25 min of tot pienk weg is.
GESTOOMDE GROENTE:
Broccoli (boompies af gesny)
Wortels (geskil en in ringetjies gesny)
Brusselse Spruite
Groen Bone (in helfde of derdes gesny)
Stoom broccoli en wortels vir 5min alleen in bietjie himalayan sout water, voeg broccoli en groen bone by en stoom tot al die groente kraak vars gaar is…as jy van sagter groente hou stoom dit bietjie langer.
TUISGEMAAKTE KNOFFEL EN VARS KRUIE ROOMKAAS:
2 liter Amasi
Knoffel en Rooi Uie Sout
Swart pepper
Vars chives (halwe hand vol opgekap)
Vars knoffel (fyngekap)
Vat ‘n vergietes of sif (nie seker oor die spelling nie) en sit hom in ‘n groot bak (sodat sout water daar in kan drip OF sit die vergietes in 2de wasbak indien jy hom kan laat staan vir ‘n dag sonder om te gebruik. Maar dit sal ideaal wees om die vergietes in die yskas te kan sit.
Le die die vergietes uit met enige nuwe lappies sodat al die gaaitjies bedek is. (Ek gebruik daai blou/groen all purpose lappies wat jy in n rol kan koop, dit werk soos n bom.)
Gooi Amasi in tot bo, bedek met vadoek en laat sit, al die sout water sal stelselmatig onder uit al die gaaitjies loop, laat dit staan vir tussen 12 en 24 uur. Hoe dikker jy dit wil he hoe langer moet dit staan. Kyk elke paar uur of daar water is wat uit gegooi kan word.
As die tyd verstreke is en jy is gelukkig met die dikte ,gooi die room kaas in n bak met al die ander bestandele en meng goed. Sit in n mooi geseëlde houertjie in die yskas sodat geure kan trek.
GESONDE SLAAI:
Rocket (dien as blaaslaai)
Cherry Tamaties (in kwarte gesny)
Rooi Uie (in ringetjies en kwarte gsny)
Selery (in ringetjies gesny)
Radyse (in ringetjies gesny)
Olywe
Foto: Chantelle Slabber






