


KOOS SE KOEKIEKRUMMEL KOEKIES
Ek maak al die koekie krummels wat agter bly in die pakkies of bakkies en gooi dit bymekaar tot ek nou n hele klompie het. Partykeer Breek ek sommer a paar boekies fyn as ek nie genoeg krummels het nie. Gooi dan sommer stukkies grondboontjies ook in sommer halwes.
Dan vat ek koekbak sjokolade en smelt dit in die mikrogolf maar op de-frost en roer gedurig sodat dit nie klontjies maak nie. Net so 3 minute.
Gooi die sjookolade by die krummels en roer dit goed deur.
Gooi alles in n houer enige een wat jy kan kry en laat stol tot hard in die yskas.
Dan eet jy nou daai Sjokolade koekies wat ek dit noem.
FOTO EN RESEP: Koos van der Merwe






